Lewens lampie
Ek sug Ek hoop Ek wens vir jou liewe mens ‘n lewens lampie met ‘n vol oliepens en dat dit helder sal skyn met die oggendson wat verskyn al bly jy net nietig klein mag jy fyn vlinder vlerkloos opkyk in die oë van troos al voel jou liggaam broos
Alice ek Alice
Daagliks s t a a r ek af in die haasgat na n wonderlike wêreld wat letterlik meer sin maak met elke tik van die klok Die aarde staan op sy kop en alles is t o t a a l opgekrok met n hoofletter F wat tyd klief Tik vir tik stap […]
Simbiose
Spel begin met woord of sin knip n oog of wink jy gooi n soen jou hartklop oorskry die spoedgrens en jou pols huppel kens simbiose kleef in leef
Koperduif
In die rooiborsduif se kleure stuur ek vir jou ‘n groet sierskrif aan ‘n purper hemel in lila, roos en goud Met die lagduif se gesang sing ek vir jou ‘n lied ‘n lied van liefde en van leed van hoe ek na jou verlang Ek stuur vir jou ‘n boodskap lief in ryk kaneelgeur […]
Gelukwyn
Gelukwyn Die enkeldrup van een allenstaan kraan soos die sagte huil wat twyfeltol oor die wang oor ‘n geliefde rol of reën se eerste aarseldrup terwyl donder binnewolk bliksem en aarde se draai na binne suig net so is die binnedreun van my enkelhart se eenmantraan as ek jou notegeur luister jou boeketklank my sagstreel […]
Negenneegentig eenvogels
Neenenneentig eendvogels Daar doer in die noorde, toe dit nog Noord Transvaal was het plekke soos Pietersburg en Alldays jou mooi verduidelik waar jy jouself bevind. Daar iewers het ‘n meisie se oom ‘n plaas gehad, en ons het gaan kuier in die bosveld. Een middag kom daar ‘n oom en ‘n tannie kuier, sommerso […]
‘n Kerswens aan jou
Ek wens vir jou ‘n kersfees met die soetste druiwe uit die kaap met vonkel in jou druiwesap en ‘n huppel in jou stap Ek wens vir jou waatlemoene rooi en appelkose in jou boord, – met goue sonlig in die vrug – wat wit bloeisels om jou strooi mag die somerson se skynsel ‘n […]
Supermaansiel
Jý het verstaan, hier waar ek nou staan traanloos onder nog ‘n supermaan het jý uit die bloute sommernet verstaan; sonder oordeel of waan my angstigheid toegesirkel in jou eie naakte sekelmaan gebroke het ek (of ons) met heelwit vlerke probeer vlug; sentimenteel wou ek minute aftel tussen naelstring en skoenlapper – maar monoklinamies het […]
Kerswens aan my geliefde
Kerswens aan my geliefde Jy vra wat ek vir kersfees soek ‘n goue halsnoer, dalk ‘n boek? Maar al wat ek in die lewe vra Is dat jy my in jou hande dra my toevou in jou hart se punt en met my rieldans in die wind my elke more hoopvol groet al is die […]
Om na te volg
Die saailing groei wyl water dit nat, dra blomme, vrug en vertak om tot standvastige boom te troon waarin eekhoring en voëltjies woon Die mens word weer gebore, gees hervorm en groei in siel na vore as weerkaatsing van die meester deur voorbeeld na te volg en bemeester Groots die beeld deur boom geskoei om […]