Om na te volg
Die saailing groei wyl water dit nat,
dra blomme, vrug en vertak
om tot standvastige boom te troon
waarin eekhoring en voëltjies woon
Die mens word weer gebore,
gees hervorm en groei in siel na vore
as weerkaatsing van die meester
deur voorbeeld na te volg en bemeester
Groots die beeld deur boom geskoei
om tot volle glorie te kan bloei
en veelsydig diens te lewer
as woning en skadugewer
So is ook die mens se strewe
om heilig te kan lewe
want guns en genade
is ‘n god gegewe genadegawe
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.