Lied van die wind
Sal jy vir my ‘n lied kan sing, wind noudat my stem stilte soek sodat ek woorde kan vermenigvuldig (omdat) bloed deur my are druis (want) die lewe is soos ‘n lied wat vasgroei aan tyd om warm klanke teen die heelal te hang (sodat) ons ook kan sing oor a l l e s […]
Geskenk van God
Want my lewe het in haar siel ontwaak (God se offerlam aan elke kind) sy het my gelei, geleer gesond gemaak vir my geveg, gebloei en gehuil op die ritme van haar liefde dans ek deur my bestaan my erfenis in my bloed ‘n eenheid wat kind sal ken en geen eggo kan ontken haar […]
Digter
Woorde soos dié het my omtower êrens in ‘n ewigheid verban na die waters van Bethesda waar letters soos engelvlerke om my flap; my tydloos horison oor ‘n ewenaar van enigmas. Selfs in die nanag dwaal my gedagtes om die smal poorte van woorde om halfrym en volrym tot verse te vorm. Woorde soos dié […]
BYDRAES na tema gesorteer — MEI 2017
MEI 2017 BYDRAES na tema gesorteer Van die kategorië wat ek wil gebruik, staan sommiges al: Daar het reeds ‘n paar nuwes daartoe gekom. TAALSPELETJIES EN TAALOPSTELLE TAALSPELE soos my AGTERSTEVOORSTAALTJIES Kolskoot, Skepdrie en Skilderprys. . . en dan spele met die MOONTLIKHEIDSVORME (Moontlik is Alles). . . asook SIRKELVORMIGWEDERKERENDVERHALE . . . en andere. […]
Dis die rede
Dis die rede Meteens vee sy haar skaduwee oor die oog van die reënboog kaleidoskopiese kleure skeur deur haar; goudgeel saffier vou om haar sielswoud. Glansryk sal sy dans vir nog ‘n kans dag en nag baklei vir lewensprag verkennend deur die weg van goed en sleg net om te stol op die wolk van […]
Padlangs …
skryf weer vir my ‘n mooi gedig laat breek die dag in rym skryf dit tussen Colesberg en duskant Bloemfontein (Bo die groot Karoo waar die skadu’s diep agter donker heuwels, ver vlug ‘n raafswart kraai met ‘n wye draai en verdwyn oor die Gariep.) vertel my waar jou skape wei langs die huppel van […]
Ek kom haal jou in Augustus
By Postberg, aan die Weskus digby Langebaan – dis waar madeliefies weer vanjaar so geil oor vlak en rante staan. En teen die duin’ – daar waar hul strandlangs hou – blom vaalblaar salies roes en blou langs die oranje, wit en geel geweef waaroor meeue op die winde sweef. Die blesbok en die eland […]
Meimaand se mantra
Iewers op die oewers van my lewe het Meimaand jou kom kry. Jy wou weet of my son jou ook sal vergeet, of sy strale jou voetspore sou afmeet in die lig van my volmaan waar drome ruimteloos deur die lug sou sweef. Jy wou weet of jou stem sou dwaal deur die gedagtegange van […]
KATEGORIE — Oor WOORDE (volk/nasie, mens/persoon)
KATEGORIE: Oor WOORDe Ek was altyd streng in my kritiek oor hoe dié taal, wat ek liefgekry en aangeneem het, gepraat en geskryf word. Meer as my halwe lewe het ek nou in Duitsland verbring, en ek het beleef hoe ‘n ou kultuurtaal met krag en tradisie deur die voorheersende Amerikaans geteister word. En hoe, […]