Waar hou normaal op en begin dit verkeerd loop?
Hindsight is eintlik ’n vieslike ding. Meestal vlek dit die waarheid oop tot op die been en om gekonfronteer te word met die naakte feite, is selde gemaklik. So gebeur dit toe dat Ouboet onlangs vir my sê: “Ek weet nie waar jy vandaan kom nie.” Om eerlik te wees, ek ook nie… En dit […]
Junie 2017-projek -EERSTE
8 vm., 1e. Junie 2017 Junie 2017-projek — FAK Eerste! Die Hiefel en die Fiefel is op besoek by hul kammalandse Tannie in haar bosveldhuisie. „Ag, Tannie, sing jy van blomme vir ons.” „Kinders, kinders, díe tyd van die jaar is alles gevries. Kyk, selfs die bye moet pollen-ys lek.” Fluit-fluit, my storie’s klaar. Eerste! […]
LANDREGTE in huidige Opset
LANDREGTE Baie mense „is daarvan oortuig” dat hulle aanspraak op grond het wat eintlik aan hulle behoort, maar waarvan hulle momenteel uitgesluit is. Baie mense „is daarvan oortuig” dat hulle grond besit, wat hulle voorvare op wettige wyse bekom het – òf gekoop, òf deur ‘n regering toegeken, of hoe ook al. Nou bots die […]
KATEGORIE: MOONTLIKLIKHEIDSVORMS 1: Moontlik is Alles
MOONTLIK is Alles As Daan maar net sélf kon gekies het, sou hy alleen die onvrugbare droë plaas met eie middels gekoop het. Maar soos dit nou maar is, het hy geen keuse gehad nie. Want, om die nodige geld in die hande te kry, moes hy die onmoontlikste vrou op die dorp trou — […]
KATEGORIE: Moontlikheidsvorms – 2: ‘n Appel en ‘n Ei
‘n Appel en ‘n Ei As ons ‘n appel sou wou hê, sou ons ‘n boom moet plant. (Of moes mos geplant het.) Sou ons ‘n eier wou hê, moes ons hen dit dog lê. — Had ons ‘n hen, wil dit sê! — Had ons die boompie geplant en die hoender gekoop, — en […]
Sing jy van blomme
Nou dat sy gaan na die stil ongebraakbaarheid van yl vergetelheid– lywig van buite; (met bitter min wat binne agterbly) nou wil hy die afstande verwens waarin hy haar metamorfies gekelk het na sy somber sin; net om sy hande in haar onskuld te was haar waters van rus troebel te laat bloei met jou […]
Herfshart
Onthou jy die eerste keer wat ek besef het my laaste woorde vir jóú het opgedroog; jou laaste glimlag het ook na stof gekeer toe die eerste haan drie maal kraai. Onthou jy hoe herfs haweloos gehuiwer het; voor hy sy verkleurde vingers om jou hals kom hang het — winter was bleek (soos was) […]
Gabriel se lied
Sy kyk hoe hy wegstap (die wind uit haar asem slaan) ‘n hele orkaan tonnel om hulle: grys verkleur na wít die heem’le gil sag terwyl Gabriel sy vingers oor ‘n harp streel. “Hoor my lied elke woord is uit suiwer goud gegiet.” Sy sien hoe haar hel transformeer toe hy, herlaas omdraai; lank na […]
In blye verwagting
Half deurskynend breek die dag onder ‘n sekelmaan wat sag lag gedagtes embrio in haar prenatale kop, ongebore woode vlek haar denke — (egalig en rasionaal) drup deur haar doudagdrome dis hier waar haar stiltes vrede baar; eggo’s nalaat wat realiteite vol asem blaas, want met Sy genade kan sy leef streef selfs tot by […]