
Gabriel se lied
Sy kyk hoe hy wegstap
(die wind uit haar asem slaan)
‘n hele orkaan tonnel om hulle:
grys verkleur na wít
die heem’le gil sag
terwyl Gabriel
sy vingers oor ‘n harp streel.
“Hoor my lied
elke woord is uit
suiwer goud gegiet.”
Sy sien hoe haar hel
transformeer
toe hy, herlaas omdraai;
lank na haar staar,
voor hy
sonstrale om haar siel ster.
2017 Caren Kearley
Kopiereg voorbehou.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Palet
Baie mooi geskryf