Jongste aktiwiteit:

In blye verwagting

Half deurskynend breek die dag
onder ‘n sekelmaan wat sag lag
gedagtes embrio
in haar prenatale kop,
ongebore woode
vlek haar denke —
(egalig en rasionaal)
drup deur haar doudagdrome
dis hier waar haar
stiltes vrede baar;
eggo’s nalaat
wat realiteite
vol asem blaas,
want met Sy genade
kan sy leef
streef
selfs tot by die hemel sweef.

© 2017 Caren Kearley
Kopiereg voorbehou




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Colin het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Christa D het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Tearlach het ‘n nuwe publikasie gemaak