‘n Vinnige versie (2)
hoe is dit dat duiwe
so flikkervlerk kan gly
oor die dakke hier in Brackenfell
en by die blouberge verby
die mis waai van die see af in
om tussen straatligte te hang
. . . hoe is dit dan
dat ek vroegaand
so véél
na jou verlang
© C. Shaw
26 Oktober 2016
4 Kommentare
-
-
neels
soos altyd n treffer Carma
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Koekekranka
PRAGTIG!