Herfshart
Onthou jy die eerste keer
wat ek besef het
my laaste woorde
vir jóú
het opgedroog;
jou laaste glimlag
het ook na stof gekeer
toe die eerste haan
drie maal kraai.
Onthou jy hoe herfs
haweloos gehuiwer het;
voor hy sy verkleurde vingers
om jou hals kom hang het —
winter was bleek (soos was)
toe die sekelmaan
geluidloos
deur die wolke breek,
aandblomme het in die skemer verlep
die nag het tot teer versap
ek was stil en ingetoë
soos ‘n uil inniglik bewoë.
As jy dus nou eendag weer onthou,
vergeet asseblief van nóú
en die fantoom van my fluister
wat vaagweg
laggend na jou leemtes luister.
© 2017 Caren Kearley
Kopiereg voorbehou
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.