Jongste aktiwiteit:

Liefde in die kleine

Liefde in die kleine




Uit ouklip is jy gekap;

jou skaapwolbroek bruin soos mis

jou kraaghemp ’n vaalblou lap.




Winde het teen jou gewaai in gebed,  

die klanklose teater

van geboorte.




Nog voor die rypmis

maar in die trog van aarseling,

het growwe hande jou aanskou

en die beiteltjie het skoon gekap.




Die beitel breek stomp

en kloof die gewelf

in afgronde

van goed,

van kwaad.

 

Want die God wat jou gemaak het

het liefde geoffer

in die kleine.




© Ernst Fernando dos Santos

Met erkenning aan NP Van Wyk Louw en Ingrid Jonker





 




4 Kommentare

  • Inkmoderator

    Ernst, ek besin nog of ek jou vers as 'n Pastiche of eerder intertekstueel moet beoordeel. Dit is in elk geval semantiek en neem niks weg van jou besonderse vers nie. wat my werklik opval hierin is dat (ten spyte van jou eie religieuse oortuigings, wat dit ookal mag wees) jy die vers, wat my betref, so 'landskap-oop' gesluit het dat enige gelowige (van watter oortuiging ookal) in die wonder en waarheid hiervan kan deel. Dit is 'n sterk vers. Die ritme in die 2de strofe het my effe gehinder, maar met 'n herlees en nadere ondersoek (die metrum word vir seker aangepas) pla dit nie meer nie. Jy skryf besonderse werke en dit is voortdurend aangenaam om daarin deel te mag hê. Dankie vir jou bydraes op INK. Skryfgroete IM

    • Ernst

      Hi IM, Baie dankie vir die mooi kommentaar by my gedig. Ja ek het nie juis beplan om 'n Pastiche te skryf of bloot intertekstueel te werk te gaan nie. Die gedig het 'n lewe van sy eie gekry :) Ek dink dis meer intertekstueel, as jy my vra. Die 'oop' ding wat jy raaklees was met opset en sou seker meer so wees as ek god (soos IJonker) ipv God geskryf het. Waardeer die in diepte lees baie. Dankie dankie :)

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed