Moeder
‘n lowergroen boom is jy
met jou takke omhelsend uitgereik
gevoed deur die lewende waterstroom
bedek jy jou kinders onder blare kombers
hou hul veilig binne jou bereik
voed hul op die regte tyd
trek hul nader altyd nader na Helende Water
beskerm hul teen die brandende son
jy dra die vrugte van die Gees
laat blomme tussen dorings blom
in ‘n kleed van nuwe groen
bring jy hoop vir ‘n nuwe seisoen
by jou vind die moeë reisiger rus
in groen weivelde by die groot Ek Is
©Evanthe 2017
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei Moedersdag/Vonkfiksie projek