Jongste aktiwiteit:

Toegeblaarde Emosies

Kon ek jou geilrypwese met my knipmes skil
en so jou dan in ragfynskyfies naatlangs kloof,
dan kon ek dalk die smagting diep hier binne stil;
sou ek my siel se eindloos soek na jou kon kloon
tot helder meersang van die kleurvol’ kardinaal
om ongebonde enkelsiel in jou te woon.

Maar nou’t die doodgaan sonder jou my reeds ontman;
het die dieper diepsteekpriem van my siel se smag
verby die ewigheid my gees van jou geban
omdat jy skimmig eontye my bly my
soos wegraaksonnespatsels van die geelgoudson
in skadu’s op die maan wat onbereikbaar bly.

Nota Bene:
Tog lewe ek ten volle deur jou bonteprag
van woorde opgetower;
verwonder ek my slag op slag
oor die stortvloed van emosie toegeblaar
in o, die allermooiste foelie van ons Taal.
…En dan sidder ek
deur bloot maar net daaraan te dink
dat jy dalkies eendag mag besluit
jy maak jou skatkis toe
en laat my uit jou erf’nis uit!




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed