Jongste aktiwiteit:

Trane van ‘n Boer

Trane van ‘n Boer

Vroeg oggend voor die haan se kraai-wekker afgaan
stort ek al klaar met ‘n stomende koppie koffie wat wag
Knoop my hemp vas en trek my Valies aan
soek eers my Toyota se sleutel en soen ‘n bekommerde vroulief totsiens vir die dag
vryf Jock die staffie se kop en gooi vir Kieterkat melkies in haar bak
voordat ek die agterdeur sluit en die sleutel deur die venster gooi
en die waentjie met my laaste skape sopas gelaai, agter my Toyota hak
die son reeds in die ooste kopuitsteek in skakerings van rooi

My krag is vandag in my skoene maar my hoop vlam nog hoog
Die weervoorspelling op RSG voorspel tot 40 grade vandag
en ons bokspring oor die woestynland na die my laaste windpomp wat droog
op en af tjierts-tjierts en geen straaltjie gooi waarop diere dorstig wag
Ek sluit my oe as ek by my beeste ry wat brandmaer stom mooi vra
een-een bly le en nie krag het vir opstaan meer
‘n ooitjie wat haar pasgebore lammertjie skoonlek wat sy tevergeefs kon dra
en ek geen skape oor het wat ek vanjaar kan skeer

en ek weet Boere in Nood Groep is die uitkoms wat soveel boere vra
lusern, bale word vir duisende kilometers aangery
deur onbaatsugtige liefde en omgee waarmee mense mekaar dra
en saamstaan, saam huil, saam bid waar soveel al skade ly
Vir weke nou werk Suid-Afrika saam met vriende terwyl geen reent val
met hul hulp, ure se bystand, laat nagte en harde werk
Duisende liters water vir mens en dier breek die omgee-wal
word steeds gebid in die veld, langs die pad, enige plek en elke kerk

Ek laai my maer skapies af by die dag se veiling
waar ek saam met ander moedeloos boere weer- en geldsake praat
dankbaar oor die plekke waar reent uitkoms of verligting bring
Niemand bie op my skapies en ek weet dat ons tyd vir plant is nou te laat
dat weiding maande gaan neem om te herstel
terwyl lusern en voer stadig minder raak en mielies ingevoer sal word
Die bankbestuurder vandag nie meer kan help terwyl die droogte knel
en ons dringend baie reent op baie plekke en ook my plaas kort

Ek ry laatmiddag huis toe met my emosies wat my hart vasknel
as ek by my laaste paar vermaerde beeste verby ry
en weet dat duisend stoetbeeste nou nie eers honderd tel
en drie beeste op die grond le met hulle laaste asem wat oorbly
sodat ek stop en alleen, seer met trane wat oor my wange rol
my geweer uithaal, heen en weer stap, opkyk, bid, huil, stop, hande bewe
ek korrel moet neem, nie regtig deur trane kan sien, my denke stol
ek die knal van die skote hoor, beeste wat verward bulk en my menswees …
ophou lewe




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed