Uitroep na genade
Aan die einde van ʼn ruwe dag
sak die son sy kop oor die rante
waar die mooiheid en rooiheid
van die westerkim ope arms wag
dan tuur ek na U oneindig skeppingsprag
wanneer my hart deur U melkweg vaar
en ek sielerus in U liefdes woorde vind
my brose lewe in U sagte hand se grote mag
Vader, Seun en Heil’ge Gees
ek dra my hart na U voete
my verwoeste bestaan verbrokkel
staan ek in ʼn eensame biddende vrees
Laat my hart U vind vandag
Laat my knus in U arms wag
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.