vaag
in die weet
is daar altyd twyfel
wat is – is dit konkreet
is dit – waarheid
is ek wakker
en eg
nagdrome gebeur
soos dagdrome soms
onbewuste verwerklikking
van gedagtes wat
reëel kan afspeel
en bestaan
om te wees
is om te besef
wie jy regtig is
sonder vrees
onbevange
wil wees
Ó Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.