Van Kleinsaf
Van kleinsaf….
Van kleins af kon ek sê
van Al die goed wat in my hart kom lê
daar’s altyd iemand wat sal luister
dalk ietsie terug in my oor fluister
Daarom sal ek altyd veilig wees
want die Here ken my diepste vrees
Hy weet van my kom en gaan
wat werklik in my hart aan gaan
Maak nie saak wat die wereld sê
God wil my altyd he”
al se” die mense ek’s niks werd
die Here red my op sy blink perd
Al sê hulle ek’s n’ gemors
Hy druk my styf teen sy bors
Sy liefde vir my sal nooit vergaan
by my sy sal Hy altyd staan
Ek is nooit alleen
al voel ek soos die enigste een
my God sal nooit verdwyn
Sy lig sal altyd helder skyn
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.