Jongste aktiwiteit:

Versteende woud

Dit is vriesend koud, Tanya is in ‘n sneltrein van Sint Petersburg oppad na Moskou se grootste danskool. Sy sit by die venster en kyk hoe die sneeu buite val, dit is vir haar so mooi ‘n sprokiesagtige toneel. Haar toekoms lyk belowend, sy is geskies om deel te neem aan die grootse dans groep wat wêreld wyd gaan toer. Sy neem ‘n foto sommer van haar selfoon af, van die skilderagtige landskap.

Die trein stop op die stasie, en sy klim af. Vandaar af neem sy ‘n bus, sy kyk na haar toonskoene wat ietwat gehawend lyk na net drie maande se ballet. By die Bolsjoi-teater het sy al verskeie balet-opvoerings gehad, dit is die oudste ballet- en operageselskappe in die wêreld. In Rusland is dit ‘n groot belangstelling om na ballet te gaan kyk, ballet vertel ‘n storie en vir die gehoor is dit ‘n genot om te sien hoe die dansers hulle liggame beheer.

“ Goeie middag Tanya, bly jy het gekom. Ons tyd raak min om te oefen, vandag oor ‘n maand begin ons toer. Wil “volmaakte” balletdansers die wêreld in stuur, al hoe ons dit kan bemeester is deur te oefen, oefen en oefen.”

Rudolf is in beheer van die balletdansers, hy was hoofdanser van die Swanemeer en Romeo en Juliet se opvoering. Hy het al gehore op hulle tone gehad, jare se oefen maak hom ‘n uitmuntende danser.

Tanya ken hom al reeds ‘n paar jaar, hulle is altwee van Suid-Afrika. Sy geniet sy geselskap en gereeld gaan hulle saam na ander teaters om opvoerings te kyk. Die toer sal hulle eerse een wees wat hulle saam gaan doen, sy is baie opgewonde want sy en Rudolf is die hoofdansers.

Weke later is hulle oppad lughawe toe, die Internasionale Lughawe Sjeremetjewo is 29km noordwes van Moskou geleë. Vir twee weke gaan hulle in Italië optree, Florence, Venesië en Rome is op hulle lys. Vir Tanya was dit nog altyd ‘n land vol skoonheid, beeldhouwerk en kuns. The La Scala Theatre is stampvol, Tanya en Rudolf laat die gehoor snak na hul asem, dit was ’n vertoning uit die boonste rakke.

Na die vertoning gee Rudolf vir Tanya ‘n bos spierwit rose, hulle het die aand afgesluit met ‘n kerslig ete in ‘n restaurant. Soms wonder sy of Rudolf buiten vir sy groot liefde vir ballet nog ‘n liefde in sy lewe sal kan hê, ‘n vrou. Hy praat nie baie oor sy verlede nie, ‘n diep seer wat hy wegsteek. By die Hotel La Balestra groet hy haar met ‘n drukkie, en ‘n sagte soen op haar wang. Vir ‘n oomblik verbeel sy haar, die kyk in sy oë was  vol deernis en bewondering.

“Nag Rudolf, dankie vir ‘n heerlike aand.”

Die tyd in Italië was ‘n ongelooflik opwindend, al die wonderlike historiese plekke wat hulle besoek het. In Forence is daar soveel wat die kuns en kultuur aanbied, en mens wil graag langer bly om dit te
waardeer. Maar ongelukkig is die tyd min vir die groep, omtrent ‘n derde van die wêreld se kunskatte is in Florence, ‘n versameling in die middeleeue deur die De Medici’s. Tanya en Rudolf het hulle name op die liefdesmuur in Juliet se huis geskryf.

Venesië ook bekend vir sy kuns en musiek, ‘n strandmeerstad en hoogs moderne handelsvloot met die gevorderste skeepwerf. ‘n Verruklike “drywende stad”. Tanya het vir haar ‘n stel egte kristalglase gekoop, Sy en Rudolf het ‘n hele dag op die piazza Saint Marco plein deurgebring, sy het Rudolf nog nooit so uitbundig en gelukkig gesien nie. Hulle het hulle behoorlik vergaap aan die kloktoring, historie geboue, en winkeltjies. Die Bridge of signs is ietwat hartseer waar gevangenis lewenslank gevonnis is of ter dood veroordeel is.

Die laaste vertoning in Rome het aangebreek, Piazza Beniamino Gigli Teater is baie bekend vir sy opera, ballet en musiek konserte.

“Sterkte Tanya, vanaand dans ons asof niemand kyk nie. Jy lyk pragtig!”

“Dankie Rudolf, jy self lyk verruklik aantreklik.”

Sy lag vrolik, en maak ‘n sierlike draai voor hom. Rudolf het in die tyd meer van Tanya geleer, en dit wat hy sien maak hom trots. Sy is ‘n baie begaafde ballerina, en haar persoonlikheid straal ‘n warmte uit. ‘n Warmte wat hom aantrek, wat hom veilig laat voel. Sy het die vermoë om hom weer te laat lag,  van die verlede te vergeet. Hy vind al hoe meer aanklank in haar, in so ‘n mate dat hy meer bewus raak van haar nabyheid veral wanneer hulle dans. Hy steek egter nog sy gevoellens weg, wil nie nou te diep daarin delf nie.

Die vertoning het meer intens gevoel, ‘n storie wat handel oor passievolle liefde. Tanya voel of haar binneste bewe, sy weet nie waarheen die pad hulle gaan lei nie, vir nou voel dit nog onbekend. Maar sy weet saam hom wil sy dans, tot die dood hulle eendag skei. Daardie aand kry Tanya ‘n bos
bloedrooi rose, wat haar gees vul met nuwe kleur en geur.

Oppad Griekeland toe, die dansgroep het ‘n breek van so paar dae voor die volgende vertoning. In Athene boek hulle in by die Fenix Residence, wat ‘n asemrowende uitkyk oor die see het. Tot laat daardie nag is gekuier, die “stadige lewe” is verkwikkend vir die siel en hul moë voete. Tanya en
Rudolf het vroeg die volgende oggend verdwyn om ‘n staptoer te vergesel, al langs die strand tot ‘n sonsondergang piekniek op Lebos. Dis bekend vir sy versteende woud, en bekende drank ouzo. Op die strand het ‘n klomp vroue gedans, met die skoonheid van vryvloeiende ritmiese bewegings.

Daardie betowering van dag wat geleidelik nag word, is ‘n romaniese oomblik. Tanya en Rudolf het eenkant gaan sit met ‘n bottel wyn, hy skink vir elkeen ‘n glas vol en hou dit op na die son se laaste stralekrans.

“Op alles wat mooi is, Tanya”

Hy neem haar in sy arms en soen haar teer op haar mond. Tanya voel effens oorbluf met hierdie nuwe emosie.

“Dankie vir ‘n onvergeetlike tyd Rudolf, en vir jou vriendskap. Ek voel so gelukkig saam met jou.”

Hy vee ‘n string hare uit haar gesig uit, kyk in haar oë.

“Jy is ‘n wonderlike vrou, ek is so danbaar ons is saam op die toer, dat ons ‘n kans gegee is om saam te kan dans, en om mekaar beter te leer ken.”

Die dag voor hul vertoning het die groep ‘n oefen sessie gehad in die Epidauros teater, dit is ‘n buitelug teater. Tanya staan verstom en kyk, dit is die grootste teater wat sy al gesien het. Die teater is een van die teaters wat ongeskonde gebly het, want dit was onder ses meter grond begrawe vir eeue heen.

Dit was vir die groep ‘n onvergeetlike ervaring om daar op te tree, Tanya het weer liefde ontdek, en Rudolf het sy hart se deur wawyd vir haar oopgemaak.




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed