Jongste aktiwiteit:

VIA DOLOROSA – DIE PAD VAN PYN

Lag-lag skinder lag
verstoot, bebloed stap die Timmerman
deur Romeinse kleiteëlpaaie
na spykers wat op Golgota lê wag

Die uitverkore nasie spoeg en jaag die donkie
met uitgedroogde palmblare weg
spoeg beledigende woorde
dra Jou eie kruis

Skarlaken gedrapeerde mensgemaakte soldate
jaag die nasie weg van Pontius Pilates
Barnabas verkore
geen spykers vir sy hand beskore

…Mag ek help dra aan U kruishout Visserman
net tot waar U self kan dra
en die lag van mense minder raak
en U alleen die pyn van Dolorosa
vir `n mens soos ek moet dra?




Gebore by die see, verlief geraak op die berge / platteland en woon nou in die Vrystaat saam met my vrou Charmaine en 11 maande dogter Katelyn. Was deel van WOES se eerste bundle uitgawe van 2008 onder my tweede naam Gerhard. Vroeg "afgetreë" en hou myself besig met my "kunswerke". Werk ook deeltyds aan my eerste digbundel. Alle hulp en raad sal goud werd wees ...Ag en dan die legal ding: alle regte word voorbehou op geplaaste werke

2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • MVvW het n geregistreerde lid geword

  • Arnold het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Arnold het ‘n nuwe publikasie gemaak