Jongste aktiwiteit:

Vir jou

Vir jou

Selfs so jonk as sewentien
gestuur na die weermag
vir volk en vaderland
opleiding spoedig voltooi
te stuur na oorlogsone
soveel uiterstes beleef
trotseer versengende hitte
koue nagte
dae sonder kos en water
oorleef van die veld
gehoorsaam bevele lukraak
reageer outomaties
in ‘n land waar vyande
wil infiltreer
oor die kaplyn heen
anderkant grense onbekend
bevind in grootskaalse
oorlogvoering
veg om oorlewing
soveel lewelose liggame
helikopters sirkel
nagstilte bied geen slaap
verstarde oë volg oral
die reuk van bloed bly kleef
skroeiende vleis deur vlammehel
gille stollend wanneer skrapnel
en plofstof deurboor
verewig in my geheue gestoor
seuns wat nie gaan staan met
sonsopkoms
wel agter kim weggesak
reeds in die hiernamaals
gesterf as held
naam gegrafeer in graniet
wyl dodemars speel
salueer jou soldaat van formaat
nooit ooit vergeet
jou opoffering

©Berna
11.11.2017




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed