Jongste aktiwiteit:

Vlamme Van My Hart

Vlamme Van My Hart

Saggies, kletter! ligblou vlamme in my hart
dit spreek van liefde, dit spreek van smart
in my binneste, voel ek, heelemal verward
dit voel!! my siel, my wese word verhard

Ure, dae, weke, gaan in tyd, stadig verby
die smagting na liefde, die leeg, dit bly
dit voel, of my siel, in n maalkolk ingly
om en rond, dieper en dieper, bly ek ly

Bestaan die liefde wel, moet ek my kwel
sal my lewe, gedompel bly, in ewige hel
dit pyn, dis seer, my binneste, elke sel
dit wriemel, dit vreet, diep onder my vel

Die son kom op, die son gaan onder
die dag is verby, steeds sit ek en wonder
kry ek liefde, is dit, dan so besonder
kan ons lewe, tot die einde, daarsonder

Is groote liefde, dan vir my, vir ons, beskoor
is dit soet, soos die klank, van engelekoor
die donker nag, omvou my siel, dis goor
die eensaamheid dreig, my hart te deurboor

Eens op ‘n dag, neem dit my wese in beslag
moet ek jubel, moet ek weën, moet ek lag
dit lyk mooi, soet soos heuning, teer en sag
moet ek, dit gryp en hou, of moet ek wag

Jy is dan die een, so begeer ek jou nou
die vlamme in my hart, brand uit oor jou
is hierdie liefde, eens ewig, is dit getrou
of sal dit ook, my wese in seer laat rou

Die vlamme brand, eens, neem ek die kans
in sekel maan se lig, sien ek, teen die krans
jou silhoeët, perfek, ritmies, ‘n liefdesdans
in my, begin breek, die bang-seer, se skans

Kopiereg © Wilfred (Willy) Funchal




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Cornien het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Tearlach het ‘n nuwe publikasie gemaak