Jongste aktiwiteit:

Vreemde vrou

VREEMDE VROU
Op ‘n afgelee plekkie op Langebaan bou Meliza haar wit kalk huisie met die hulp van drie kleurling mans . Skipper, soos hy bekend staan,hou haar deur sy verkyker dop ,dag vir dag. Hy het eers gewag dat hy sien Meliza vat haar loop na die gaste huis toe, voor hy sy keel gaan nat maak in die klein kroegie waar meeste visser manne kom lafenis soek  na ‘n lang warm dag op die see.
’Naand ou Skipper” ‘n gereelde kuier gas van die kroegie.
’Ja naand Andries’ groet skipper terug in sy growwe bas stem.Hy gaan sit wydsbeen op sy kroeg stoeltjie.
“Hoe ver het daardie vreemde vrou vandag gevorder met haar bouery”?, vra Andries vir Skipper.
“Jy weet Andries ek is nie jou koerant man nie, loop kyk self as jy wil weet”.
Skipper was ‘n man van min woorde ,hy het sy keel natgemaak tot hy genoeg gehad het  en verkas.Almal was maar versigtig vir hom.
”Ek vra maar net se Andries” en ontlok weer ‘gespekuleer word oor die vreemde vrou onder die mans.
“Kyk manne ,as julle so slim is  oor ‘n mens wat niemand ken nie,hoekom gaan julle nie na julle huise toe waar julle kos staan en koud word nie los die arme mens uit sy pla geen siel nie.”
Doodse stilte vul die kroegie, en een vir een staan die manne op en gaan elkeen sy rigting die laat nag in.
Die volgende oggend is Skipper weer op sy pos en met sy verkyker kyk hy oor die see,en dan na die amper klaar geboude huisie. Hy besluit vandag is die dag dat hy gaan kennis maak.Hy gly- loop die duine af,en kry die vroutjie by ‘n kraan.
’Middag juffrou Skipper is die naam” en steek sy hand uit. Meliza kom stadig orent waar sy gebukkend gestaan het, trek haar geblomde rokkie tussen haar bene uit en kyk die man vol in die gesig.
”Goeie middag” “Waarmee kan ek help?”
Skipper verstar toe hy sien hoe mooi die vroutjie is.Haar oe lyk soos die see se groen blou waters,haar gesiggie vlekloos wit , sy is beeldskoon. Hy sukkel om ‘n woord uit te kry.
“Ek het maar net kom kennis maak”  Skipper gesels nie maklik met ‘n vrou nie ,hulle maak hom senuweeagtig. Dit voel vir hom of haar oe hom deurboor.
Meliza ignoreer sy hand
“ O Meliza is my naam” se sy en vee haar hande aan haar rok af.
“Dan loop ek maar weer”  Hy weet nie wat om verder te se nie”.
“ Nee wag. koffie ?“ Skipper skrik half .Dit was hy nou nie te wagte nie,en stap saam met haar. “
Sit se” wys na ‘n opvou stoel.
“Ek staan maar sommer so bietjie’” , vat sy verkyker se tou en hang dit so oor sy skouer. Meliza keer terug met twee bekers warm koffie en oorhandig een aan Skipper.Die stilte is swaar tussen die twee waar hulle staan en koffie drink. Skipper waag dit en vra
“Juffie ,hoe is dit dat so mooi vrou haar hier wil kom huis maak?’
Meliza kyk ver oor die see , Sy draai haar gesig weg van die see se kant af,
“Dit Skipper ,het niks met jou te doen nie,” sy draai om en gaan sit op die stoel.
Dankie vir die koffie ek gaan maar weer aan. Dit was aangenaam om juff te ontmoet.”
” my naam is Meliza “se sy. Hy groet en stap die duine weer uit.Sy hart wil by sy borskas uitspring.Skipper voel hoe brand Meliza se oe op hom, maar kyk nie terug nie.Iets pla hom oor die vrou. Hy stap die aand oudergewoonte na die kroeg toe en maak sy keel die slag goed nat. Almal se oe is op hom , maar niemand waag dit om iets te se nie.
Die dae stap aan en Skipper raak al hoe onrustig oor Meliza wat haar intrek geneem het in haar huisie. Een oggend sien hy haar vir die eerste keer op ‘n baie gevaarlike rots ,waar die waters hoog en onstuimig is.Hy ken die see,gou alles neer en gly behoorlik die duine af,reguit die see in en gryp haar vas op die rots. Sy gil bokant die see se harde simfonie.
“Los my is jy mal?”
“Vroumens wil jy versuip”? gil hy terug,lig haar op en druk haar styf teen sy lyf vas . hy sukkel met haar al skoppende die see uit.
Beide van hulle val op die strand, Skipper feitlik bo-op haar. Hy merk ‘n klein houtkissie in haar een hand op toe hy probeer opstaan.
Meliza snik soos wat sy huil.
“Ek het jou gesê los my , “ek wou net my man se as daar strooi. Dit was sy wens dat wanneer die simfonie orkes sy hoogtepunt bereik, net hier. Net hier.”
~jac~
2016-10-04
(kopie reg voorbehou”
STORIE.




5 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed