
Vriend
in eenvoud
dra almal jou
om die beurt
soos jy ons met sorg
alleen gedra het
klein gestalte man met oë
wat bekommerd vra hoe die
familie by name
besigheid by getalle
gehelp kon word
die ryding dilemma
om oor die stuur te sien
om vrou en kinders
veilig by die shul te kry
sonder kleiner geeste jaloesie
jou wetende, vraende oë
brand nog sag my vriend
ons sukkel vrae
lê ongesê
en wag
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.