Vriend
in eenvoud
dra almal jou
om die beurt
soos jy ons met sorg
alleen gedra het
klein gestalte man
wat bekommerd vra hoe die
familie by name
besigheid by getalle
gehelp kon word
die ryding dilemma
om oor die stuur te sien
om vrou en kinders
veilig by die shul* te kry
sonder kleiner geeste se afguns
jou wetende, vraende oë
brand nog sag my vriend
baie van ons sukkelvrae
lê steeds ongesê
en wag
*shul s.nw. (met mv. in bet. 1) (Jiddisj, “skool”) 1 mv. shuls. SINAGOGE
Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.