vit – D in Afrikaans
vandag het ek die son gemelk
enkele minute lank wat hy kon skyn
sy strale wat deur die wolke kon breek
opgeslurp asof in diepe pyn
tussen hewige reën sit ek
en soek iets warm vir my siel
luister ek na my eie taal se klanke
dan dans my hart ‘n riel
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.