Jongste aktiwiteit:

vry

vry
soms wil ek berge uitklim,
net soms,
baie hoog en vry
of dalk op ‘n eiland gaan bly,
in sorgelose donker
met afstande alleen…
ek weet,
in jou oë is liefde soos sand,
korreltjie-eindeloos,
en in my versonke gedagtes
kan ek niks doen
aan afstand se vervloek…
halfpad deur die roep,
vloei vrede soos die son
deur die skadu van boom se blaar
en vind ek myself
net daar
tussen niks en daardie plek
in die bestaan van my eie ek ….
wil ek steeds net dans
in die toevou van jou arms,
in die sag omklem,
in die pluk
van my eie blom
@Anton Kilian




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed