Jy flous my nie meer nie
Jou tikkel-tokkel woorde
en vals snaar akkoorde
verbrokkel soos sandsteen
in ń namibswind.
Baardhaar beloftes
wat oud en vol stof is
verroes in die reën
van ń hart ontbind.
In jou tikkel-tokkel melodië
met aftoon lirieke
sal nét die wat doof is
nog aanklank kan vind…
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.