waarde
sag spoel jy uit
oor die wit sand-strand
rol jou wit skuim en verdwyn
in die sandkussing wat absorbeer
voet-hard word die laag sand
waar jou vog dit benat
blink en nat en sat
so verdwyn genade
in die gulsige sand
van menswees
net baar, oer
menswees
dankbaarheid
kom nie vanself
waarde word nie
outomaties bekom
dit kort genade
onbeskryflik
groot
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.