Wessel se werklikheid
Wessel se werklikheid
Wessel word wakker met die gekletter van voëls in sy ore. Toe hy sy oë oopmaak, kyk hy vas in die tak van ‘n boom waaraan daar bloedrooi appels hang. Nog nooit in sy lewe het hy sulke besondere rooi appels gesien en sulke perfekgevormde blare nie. Hy staan op en pluk een van die appels en met die eerste byt weet hy hy het ook nog nooit een so sappig geëet nie. Hy wonder waar hy is, want die vrugtebome strek so ver as wat sy oog kan sien, maar geen arbeiders, gereedskap of voertuie. ie. Appels, perskes, pere, lemoene en feitlik enige vrug waaraan mens kan dink. Effe vreemd, want wintervrugte en somervrugte groei saam. Ook aan die klimaat kan hy nie regtig aflei in watter seisoen hy hom bevind nie. Dit is absoluut in alle opsigte ‘n perfekte dag. Dan begin hy stap en so ver hy stap, eet hy van die vrugte. Piesangs, vye, granate, lemoene, naartjies en wie weet wat nog. Snaaks, hy eet en eet en eet, maar voel geensins versadig nie. Hy is nie regtig honger nie, maar eet agter die lekker aan.
Dan hoor hy stemme. Maar nie somaar enige stemme nie. Koorsang, die suiwerste klanke wat hy nog ooit gehoor het. Hy volg die rigting van die stemme en dan sien hy dit. Honderde, nee eerder duisende, mans, vrouens en kinders wat sing en dans. ‘n Ligglans hang om hulle.
Elders, nie ver daarvandaan nie, staan ‘n gesin langs ‘n sterfbed. Die pa, die broodwinner het gesterf en dit laat die gesin nie net met hartseer nie, maar ook met vrae en onsekerheid. Wat gaan van hulle word?
Die pa is Wessel en Wessel is in die hemel. Die laaste ding wat deur sy gedagtes gaan is die aardse bekommernisse van sy gesin. Hy is gelukkig. Dit wat vir hom die onbekende was, het nou sy realiteit geword. En hy weet die onbekende wat sy gesin nou gaan betree, gaan vir hulle goed wees. As hulle maar net die onbekende toekoms kan sien…
©️Henn Brons.
345 woorde

1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Junie 2024 – Die onbekende projek