OM TE VERSTAAN
Die mens is ‘n komplekse unieke wees. Wat verstaan ons van dinge wat ons nie verstaan nie ?
Ons wonder altyd oor die onbekende omdat dit vreemd is en ons nie weet wat om te verwag nie .
Enige iets waaroor ons vrees staan bekend as die onbekende omdat ons nie kennis dra daarvan nie. Om ‘n paar sulke voorbeelde te kan noem is ons toekoms, die dood en wat môre vir ons inhou wat baie grens aan die toekoms. Môre is nie vir almal beskore nie en tog is dit op kort termyn terwyl die toekoms oor ‘n paar Jaar onbekende vir jou sal wees.
Ons is net menslik met baie vrae en het ‘n ongelowige natuur.
Tog is die bybel vir ons ‘n riglyn en belofte op al ons vra. God verseker ons van alles in die bybel.
Môre is vir niemand belowe nie daarom moet jy vandag lewe asof dit jou laaste dag is .
Hy verseker ons van ‘n toekoms as Hy sê ons moet na Hom toe kom as jy moeg en oorlasi is en hou goeie moed moenie moedeloos word nie want ek is daar al die dae van jou lewe. Persoonlik vir my is
Psalm 23 nie net ‘n psalm van Dawid nie, maar ook ‘n loflied en getuienis dat Hy aan my volkome rus en genesing belowe en die mooiste belofte wat my nie angstig maak vir die onbekende nie en dit is dat Hy my altyd diep sal uithaal en my voete op die ewige rots neer sal sit.
God is ons Rots en sterkte, volhard in gebed en weet Hy is elke dag dieselfde en Sy beloftes vir altyd.
@Loret Zwarts
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Junie 2024 – Die onbekende projek