wie
–
wie op wysheid
se rusbank leef
leef in weelde
–
vanoggend is die see ‘n spieël
van hier op strand tot die anderkant
van da gama se monument tot piketberg
elke detail uitgespel in gladde waterverf
slegs hier en daar is daar ‘n vermoede
van ‘n windjie wat net wil opsteek
effense rimpeling oor ‘n streep
–
na daelange bespiegelinge oor geweld
sit nuus honde droëbek en wag daarop
die aanstook se lippe verbrand in as
gesels kassies se wimpels afgelas
tot verdere orders dan ou maat
staan ons maar by en wag eers
tot papajas loog teen die muur
–
wysheid kom toe
aan dié wat
vreugde bring
–
©Teãrlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.