Torings
torings steek
in elke dorp se hart
daar is die met prestige
ander met horlosies wat nie werk
almal het vere huurders
met mis in hul midde
torings sein
ou boodskappe
ontvang nuwe antwoorde
via hoë tegnologie ontvangers
deur self aangestelde profete
aan gelowige aanhangers
torings staan
sandsteen skurf gewigtig swaar
as kern van eeue oue gelowe
die liggwig torings langsaan
in radiosenders en palms gehul
versend die nuutste valsnuus
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.