Jongste aktiwiteit:

Winter In My Hart

Stuur vir my jou kombers,
want winter is oppad.
Jou liefde is nie by my,
en as ek nie ‘n kombers het nie,
sal ek bitter koud kry.

Sonder jou is dit moeilik,
want die koue trek tot binne in my hart.
Als is leeg en anders sonder jou,
kom tog asseblief terug- my lief,
ek is jammer ek het jou seer gemaak,
jy bly ewig my hart se dief.

Kom tog terug,
kom nou terug asseblief my lief.
My lewe het nie ‘n doel sonder jou nie,
ek smeek jou kom terug asseblief,
hou op om my te tart,
kom terug smeek vra ek jou nou,
anders bly dit winter in my hart.

©TDeVosBotha 2016/01/10 19H51




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed