Jongste aktiwiteit:

Winter se Seën

‘n Anderste reënboogkleure begroet my smôrens,
niks uitspattigs eintlik net ‘n droë kaleidoskoop soggens.
Winterkou wat liggaam en gedagtes omvou,
mistigheid, daglig donkerte is koud en grou.

Laat die siel sien en hoor die ysige wind waai,
tas die mooi wat die winter saai.
Proe die mistigheid wat op die tong kom lê,
Ruik die geur van kaal bome omvou in hul blaar kombers.

Wintergrou setel nie maklik in enige lyf,
Dit maak ‘n lyf vroeg oud en stokstyf.
Tel dan net winter seëninge een vir een,
beleef warm golwe van liefde wat spoel oor jou heen.
(Anita van der Walt)




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed