Jongste aktiwiteit:

Winterliefde

Winterliefde

Wou nog huil oor ons winterliefde
innerlik gestroop deur bekende diewe
nou nes verkluimde kwartels
tussen die skeure van my hart
en voer op flenters van my smart
rafel my ragfyn vermurwe siel
langs letsels in die sneeu van verniel
is ons soos verdwaalde geeste van onthou
en voetpad ons spore teen die kruin
fataal in sy glorie verdwyn
dartel vlokkies liefde in die mis
en versteen met ‘n kus




Om te skryf is my passie, vir 'n wyle ontvlug ek die gejaag. Kry ek 'n oomblik om te voel, te sien en weer te gee, skepping, harts taal - beleef ek die inner siel van my medemens.

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed