witwolwense
my witwolwense vir my land
my mense
vasgevang in ‘n bol gekoekte wol
iewers is ‘n begin
iewers ‘n einde
‘n tussenin
wat ek nie kan vind
my witwolwense stoot op in my keel
‘n gekweste duif wat ‘n boodskap bring
fladder om-en-om in my mond
witwolwense draai vas om my tong
verstrengel my denke
Here, hoe wens mens witwolwense vir jou mense
as jy oor jou land rou?
as alles swart is rondom jou?
my vasgeplakte tong
probeer die woorde vorm
was ~ ons ~witter ~as ~ sneeu ~ Heer
my tong is lomp en stom
die ~ grootste ~ van ~ alles ~ is ~ die ~ liefde
die woorde skeur deur my
sonder ~ liefde ~ is ~ ek ~ niks
skree dit in my wese
ek ~kan ~ nie ~ meer
Heer vergewe my!
NET U KAN MY BEVRY
my
eindpunt
is
U
beginpunt
wat ek in U gebod vind
“jy moet jou naaste liefhê soos jouself”
DIE WOLDRAAD BREEK IN DUISEND STUKKIES
my wense borrel op in my
laat ons mekaar 77×7 en meer keer vergeef!
jubelwense stort oor warm lippe
val op koue klippe
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.