Jongste aktiwiteit:

Woeker met jou deel van die aarde #Brons

Woeker met jou deel van die aarde

Uit die stof van die aarde het die Pottebakker lewende water bygevoeg om klei te vorm. Sorgvuldig en geduldig die klei gebrei tot volmaaktheid. Hy het ‘n beeld gemaak net soos Hy en Sy asem in hom in geblaas. Hy het gekyk daarna en gesê dit is goed. Daardie beeld leef voort in ek en jy.

Maar op hierdie aarde is ons slegs vir ‘n kort tydjie van waarde. Hier moet ons woeker met wat ons het, want elkeen se stukkie klei is uniek. ‘n Bietjie grond vir my en ‘n bietjie meer vir jou, maar elkeen se plig bly dieselfde. Ons lewe is kort, net ‘n strepie lank, tussen geboorte en dood, en daarom moet ons elke oomblik benut. Hoe lank weet geen mens nie. Ons moet spore trap wat ons nageslag kan volg. ‘n Verskil maak in elke dag se treë op aarde.

Uit die dieptes van die aarde grawe en grou ons nie net vir klip, sand en edelgesteentes nie, maar vir nuwe idees en kreatiewe oplossings. Ons maak vore en gate om water op te vang. Ons vorm, bou en skep met die kennis wat die Pottebakker aan ons geskenk het en so dra ons Sy beeld uit – nie net in wat ons sê nie maar ook in dit wat ons doen.

Maar die aarde gee en neem. As rampe die aarde oopskeur of ruk met winde of oorspoel met storms bly daar net die kern oor, dit wat ware waarde het. Verwoesting kom in ‘n oogwink. As haat en nyd seëvier, bring dit hartseer en pyn en groot verliese. Tog het die mens ‘n wonderlike vermoë om op te staan en weer te begin. Net soos die Pottebakker self nuwe skeppings vorm.

Woeker jy nog met dit wat aan jou geskenk is, of raak jy verlore in jaloesie oor ander se oorvloed? Begrawe jy jou talente of ontgin jy jou edelgesteentes, jou gawes? Gebruik jy die hande wat vir jou gegee is om op te bou of af te breek?

Daarom werk jou stukkie grond, blom waar jy geplant is, solank jou strepie nog besig is om gevorm te word.

Dit is jou nalatenskap, jou kans om deel te wees van ‘n groter skepping.

Christa Diederiks ©




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Christa D het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Koos Elsum het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze het ‘n nuwe publikasie gemaak