
Hemel en Aarde
Kort duskant Hermanus draai jy af. Binneland toe. Ry dan met die R320 in Caledon se rigting. Tussen Shaw se pas en Sandbaai, op die oewer van die Onrusrivier, lê hy uitgestrek. Die Hemel en Aarde Vallei. Plek van kontraste.
Hier, in die hartjie van die Overberg, is een van die mooiste stukkies aarde wat Vader ooit geskape het.
Vroeg in die 1800’s ontstaan die behoefte vir ‘n kolonie waar die melaatses van veral die vissersbevolking veilig kon wees. Die plaas hoog teen die Babilonstoring word gekies vir hierdie doel. Die grafte is vandag die enigste stille getuienis van hulle bestaan.
In hierdie selfde asembenemende natuur het Rudolf Steiner ook potensiaal gesien en ‘n skool vir swaksinniges hier gevestig.
Vir lank was hierdie area met sy natuurskoon, geassosieer met hartseer, dood en negatiewe gedagtes.
In die laat 1970’s word die eerste wynplaas egter hier gevestig. Van die land se beste uitsoek wyne word hier verbou en vandag is daar 15 wynplase in die 35 km tussen Caledon en Hermanus.
Net so gepas soos die naam, Hemel en Aarde Vallei, is alles op hierdie aarde, en in ons lewens, in seisoene opgedeel. Soms is daar hoogtepunte en ander kere laagte punte.
Van die aarde se mooiste tropiese eilande word geteister deur vulkane, aarbewings of tsunamis.
Tesame met die wete dat daar altyd gevare, laagtepunte en rampe op die horison loer, is dit ons taak om die een lewe wat ons het, voluit te leef. Beleef alles, beproef dinge, ervaar dit en maak herinneringe.
So het ons ook net een aarde. Bewaar dit, benut dit, bewerk dit en bowenal, geniet dit.Kort duskant Hermanus draai jy af. Binneland toe. Ry dan met die R320 in Caledon se rigting. Tussen Shaw se pas en Sandbaai, op die oewer van die Onrusrivier, lê hy uitgestrek. Die Hemel en Aarde Vallei. Plek van kontraste.
Hier, in die hartjie van die Overberg, is een van die mooiste stukkies aarde wat Vader ooit geskape het.
Vroeg in die 1800’s ontstaan die behoefte vir ‘n kolonie waar die melaatses van veral die vissersbevolking veilig kon wees. Die plaas hoog teen die Babilonstoring word gekies vir hierdie doel. Die grafte is vandag die enigste stille getuienis van hulle bestaan.
In hierdie selfde asembenemende natuur het Rudolf Steiner ook potensiaal gesien en ‘n skool vir swaksinniges hier gevestig.
Vir lank was hierdie area met sy natuurskoon, geassosieer met hartseer, dood en negatiewe gedagtes.
In die laat 1970’s word die eerste wynplaas egter hier gevestig. Van die land se beste uitsoek wyne word hier verbou en vandag is daar 15 wynplase in die 35 km tussen Caledon en Hermanus.
Net so gepas soos die naam, Hemel en Aarde Vallei, is alles op hierdie aarde, en in ons lewens, in seisoene opgedeel. Soms is daar hoogtepunte en ander kere laagte punte.
Van die aarde se mooiste tropiese eilande word geteister deur vulkane, aarbewings of tsunamis.
Tesame met die wete dat daar altyd gevare, laagtepunte en rampe op die horison loer, is dit ons taak om die een lewe wat ons het, voluit te leef. Beleef alles, beproef dinge, ervaar dit en maak herinneringe.
So het ons ook net een aarde. Bewaar dit, benut dit, bewerk dit en bowenal, geniet dit.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir April 2025 – AARDE projek