Jongste aktiwiteit:

Woordspatsels: Bessie

In haar dae as Boete-Bessie kon sy ‘n stroom karre met ‘n enkele hand stop. Nou’s dit hulle wat haar hand bloot vol pille stop… Die kop is weer vol van jare se onthou.
So trippel sy met haar platskoene na oom Thysie se kamer, want hy vat haar na die Lentedans. Hy het darem hare op sy ingenieurskop en hy kan ritme hou, al kan hy nie veel van gister onthou nie.
Want in HuisNajaar is mans so skaars soos regte-egte tande. Net jammer die bleddie Monroe het haar hare nou so geperm dat dit soos blou spookasem lyk…




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed