WOW!
My jinne, my kakebeen hang op my borsbeen. Ek is behoorlik ge-gobsmack, soos die Ingelse sê!
My Bokka het vir ‘n week kom kuier uit die Afrika-bos uit. Daarom het ek by g’n rekenaar of webwerf of Sosiale Media of niks anders uitgekom nie. Sien as Bokka hier is, dan skuur ons. Na al die lekker plekke hier om onse baai. Hier eet ons, daar drink ons koffie. Hier koop ons, daar fliek ons. Hier kuier ons en daar sit ons op ‘n bankie langs die see en drink in. Die mooi van die Here se handewerk.
Maar gister is hy weg en om nie aan’t tjanke te gaan nie, gryp ek ‘n stofsuier in een hand en ‘n mop in die ander hand. Besig bly, help.
Vandag kry ek eers weer kans om te begin opvang en waar beter as Ink en by my Inkenaar-vrinne? Heng, en eers dog ek ek is oppie verkeerde werf. Toe kyk ek weer. En toe sien ek;
Dis steeds INK, maar ‘n verbeterde INK. Hier in die Kaap, praat hulle van beterer. Ek kan voorwaar sê: ‘dis ‘n BETERER INK wat ek hier sien. Dis sommer SPIEKERIES!’
Dankie Anze!!
7 Kommentare
-
-
Arnold
'n Onverwagse verrassing is soos vroeë lente reëns, niks kan die vreugde en emosies demp nie.
-
neels
Wou al die geheime diens vra om jou te soek
-
Viooltjie
ja, Kiekies. die blad lyk sommer spoggerig en ons gaan lekker saam kuier hier. Anze verdien 'n groot applous :-)
-
Evelyn van der Merwe
Ek ditto almal voor my, kry self ook maar min tyd om in te loer maar die veranderinge gaan nie ongesiens verby nie. Dankie vir jou harde werk en toewyding om die blad 'n sukses te maak Anze.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Ai Kiekies dit doen my hart mos sommer goed as jy ook tevrede is met die "opgedresde" ink, was harde werk en ek hoop elkeen gaan dit geniet en sommer tuis voel!!!