ʼn kookseltjie herinnering
ʼn kookseltjie herinnering
geskryf deur Dale Penderis ©
vanoggend is net anders
nie vanweë ons Strand se
witskuimbranders
maar die ritme en stoom wat my vroegoggend wek
deur gister se spore bedek
borrelend uit ʼn ou koester plek
oorgekookte herin’ringe uit vergange se dae
toe die karootrein vir my fluit
tussen kaal bos en kluit
‘wyl ek jaag op my poegie saam met bloutrein se gang
en ou bekendes al wuifend uit die treinvenster hang
soet die herinnering van ʼn ou generasie en die troetel onthou van Letjiesbosstasie
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.