PYN
PYN Swart die nag en swarter pyn. Dis jare al wat jy so ly. Waar is genesing? Waar versagting vir die pyn? By Een wat ook moes ly. Hy weet van jou en my.
Daantjie Andreas oor Riemvasmaak
Daantjie Andreas oor Riemvasmaak Daantjie Andreas is ‘n Xhosa. Hulle het in 1973 getrek. Hy was deel van die Riemvasmaak “Bantoes” wat King Williamstown toe getrek het. “O, jinne, daai was ’n moeilike tyd. Ons ken mos nie so ’n wêreld nie. Ons het mos hier in Riemvasmaak groot geraak. Hy reënt aanmekaar en daar’s […]
Hier staan ek nou
Ek is bang om my hand uit te steek Wat as jy hom nie vat nie Wat as ek vasgevang word in iets Wat net ‘n droom gaan bly Hier staan ek nou, hand uit gesteek Dit is omdat jou oë dit regkry om my op teen die aarde vas te druk en op dieselfde […]
VERLIEF OP DIE LEWE
Ek raak vanoggend weer verlief op die lewe toe die bewakers van die somer die wintersdag toelaat om sy skatkis oop te maak en die baba kranse van die Suider-Drakensberg se wange met goud te tooi Stoei gevegte met goud-rooi gewade en baniere hardloop hand aan hand oor die skurwe geknakte kranse van die Drakensberge […]
Die Tou
Die Tou Die tou is ‘n blote gebruiksartikel van teregstellings tot redding— Dit was strop om die nek vir halsmisdaad en tou om die nek om ‘n dier te lei en is ‘n teken van mak onderdanigheid— Reddingstoue word letterlik en figuurlik uitgegooi om lewens en sake ondernemings van ondergang te red, toutjies trek vir […]
Stof alleen
Stukkies van ons oorsprong Hang dik in die lug Terwyl ons onsself probeer flous met maskers Soos ons in stukke van onsself verstik Asem ons mekaar in… Veels te gemaklik, as jy my vra Ons hang ons op in doringbome Glimlag asof dit normaal is Reëndans in stof, drooggelukkig Snye van liefde met ‘n nasmaak […]
Gister is verby …
As ek my tyd sou kon terugdraai, sal dit na gister wees. Na die dag toe ek jou permanent myne maak, tot die dood ons skei! Hoekom sal ek wil wees, vry? As ek myself dan net heeltyd kan verkyk, na die mooi in jou oë, en hoe kry jy die dan reg om na […]
………Dans My………
Liefde, die woord wat ons almal ken, die emosie wat ons almal voel. Het met my gedans om jou hart te wen, so dans my die verlange weg, want elke liewe kilometer tussen ons, is ‘n lyntjie in my hart geskeer, maar liefde het ons na mekaar toe gedans, ons altwee weet ons is vir […]
…..Fantasie van weer kind wees…..
Rondomtalie draai, ek is tien jaar oud en dit bring vir my die grootste vreugde. Hardloop ek weer tot by die swaai, voor ek my weer kan kry swaai ek tot by my jeug, voel ek altyd soos die een wat altyd uit is, die een wat nie in pas nie, word ek weer van […]
….My Hart Verlang Na Jou….
Jou pragtige glimlag het soos mis onder die son verdwyn, en my hart is so seer soos ‘n beer se poot. Ek wens dit was anders, ek sal alles verander om by jou te wees, ons weer mekaar se gedagtes kan lees. Maar waar jy nou is, is saam met hom, weet jy nie wat […]