………Dans My………
Liefde, die woord wat ons almal ken,
die emosie wat ons almal voel.
Het met my gedans om jou hart te wen,
so dans my die verlange weg,
want elke liewe kilometer tussen ons,
is ‘n lyntjie in my hart geskeer,
maar liefde het ons na mekaar toe gedans,
ons altwee weet ons is vir mekaar bedoel.
So dans my,
dans my na jou pragtige glimlag toe.
My gelukkige plek waar ek my altyd wil vind,
dans my nader sodat ek jou soentjies kan proe,
ek gee nie om nie, al sê die wêreld ook die liefde maak blind.
Vergeef my,
as ek somtyds te moeilik raak,
want jy’t omgee hart aan myne geplant,
so dans my nader, sodat ek meer van jou liefde kan smaak,
vir altyd bly ek aan jou kant.
En wanneer ons uiteindelik bymekaar is,
word jy ook meer van my omgee liefde bewus.
Dans my dan saam met jou,
na ons oneindigheid,
en selfs daar verby,
o ja, oulike prinses van my hart,
dans dan vir ewig saam met my.
©Kopiereg – Timothy De Vos Botha – Alle Regte Voorbehou.
2016/08/05 00H31vm
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
baie mooi