…..Fantasie van weer kind wees…..
Rondomtalie draai,
ek is tien jaar oud en dit bring vir my die grootste vreugde.
Hardloop ek weer tot by die swaai,
voor ek my weer kan kry swaai ek tot by my jeug,
voel ek altyd soos die een wat altyd uit is,
die een wat nie in pas nie,
word ek weer van die boelie bewus,
ek dink by myself
“aai is dit nou die lewe die?”
Vir die jaar of twee daarna,
kan ek nie wag om volwasse te wees.
Dit is eers nou die dag,
toe ek agterkom aan al die baie goed,
om in die grootmens lewe te vrees,
die lewe is baie keer bitter, maar meer van die kere soet.
Vandag verlang ek om weer kind te wees,
want daar is eintlik werklik minder goed om dan voor te vrees.
Jy hoef nie bang te wees om die en seer te maak,
of daai huwelik te kraak.
Weer fantaseer ek om weer kind te wees,
word die lewe dan weer vermaak?
©Kopiereg – Timothy De Vos Botha – Alle Regte Voorbehou.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
goed gepen