Gister is verby …
As ek my tyd sou kon terugdraai,
sal dit na gister wees.
Na die dag toe ek jou permanent myne maak,
tot die dood ons skei!
Hoekom sal ek wil wees, vry?
As ek myself dan net heeltyd kan verkyk,
na die mooi in jou oë,
en hoe kry jy die dan reg om na al my seer,
my weer te kry om weer ‘n keer in liefde te laat glo.
Gaan tyd ook spoedig verby wanneer ons saam is,
en teen die einde van die dag, is ek steeds daarvan bewus.
Dat ek nog die vermoë het om jou gelukkig te maak,
en wanneer niks en niemand anders meer saak maak nie,
is wanneer ek dit voel, jou aanraak.
Wees myne vir altyd,
al gaan ek nou en dan aan jou senuwees byt.
Al gaan ek nou en dan,
jou ‘n paar ekstra grys haartjies gee,
al gaan jy so nou en dan trane uit jou oë veë,
as gevolg van my,
maar belowe deur dit alles,
sal ek altyd in jou hart bly~
©Kopiereg – Timothy De Vos Botha – Alle Regte Voorbehou
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
En... die grootste hiervan is die Liefde... pragtig gepen