Witboek [Verborge]
Werwelstorm op die uitgestrekte horison het gewaai en verwoesting gebring Die gange van verlange is gelaat in pyn stof dampe gelaat – vernietigde tuin Sê vir my – dat ek altyd in jou gedagte sal bly al gaan dit soms swaar, niks kan dit verander oral waar ek gaan sien ek jou spook – jou […]
Ek het julle nooit verlaat nie
EK HET JUL NOOIT VERLAAT NIE In my wilde lewe en drome het ek geleef Deur glas vensters gekyk en die sonstrale beny Alleenheid, gebrokenheid, verlore gelaat Die nag se koue donker het my kom haal… EK HET JUL NOOIT VERLAAT NIE Julle het afstand behou! Vele kere was geroep maar nooit was my noodkreed […]
Kronkelberg se hande
Male sonder tal, onthou ek jou en voel die are, soos Kronkelberg wat jou hande selfs sterker laat lyk – hoe hulle kon vasvat en raak-raak óók sag die verslaenheid agter die tralies in my oë met jou vingerpunte raak; waarheen het jy, ná die kluite soos hael op die bêreboks geval het, ver van […]
Ingebrande rappel
Sou ek maar kon om teen my pyn en seer my dieplê-verlang na jou te ban teruggrypende smagting na jou te ostraseer maar met my skommel en gewan bly steeds net jou skewe laggie in my pan
Ek hoor deur jou…
Ek hoor met joo siel die loerie-geroep in ‘n boom agter jou perske wat bot sien die son se skaduspel op jou stoep tydelik nou agter grendel en slot Ag ek heimwee in verlang saam met jou na jou bliksembos wat oranje brand na spinnerak bedou wat gras versnaar ongebonde jeug vir oudag’s onthou En […]
Ek kry soms te seer…
Ek kry seer om na my hartseersiel te luister en die dieper wat my siel in wegsteek fluister daarom luier ek in valsgedwonge ongemak teen gewete onverskillig elders weggepak Die daeraad verraai die nag se donker prag wat voort wil skou die wonder van ‘n nuwe dag en ek ‘kluim in diepte van ‘n inner […]
Kind Wees
Kind Wees O, om weer ‘n kind te wees droom en realiteit was deurweef gewees— Veldspaat was vol diamante en groen mosbedekte klippe die ene koper— Peperbome dra koljander wyl die ou kokerboom in blomtyd ‘n droom van vragte goudgeel dadels was en van alles was ek hardekwas seker — Die lewe was sonder sorge […]
naweek; DIE WENNER
In ‘n satire-komedie program op TV het ‘n vrou opgetree. So ene met ‘n verbete gesig, skewe mondhoek, plooie tussen die wenkbroue, gebalde vuiste in die heupe gestem. Weet mos. En sy het raad gehad vir depressie-lyers; ek plaas dit onder „Naweek” en nie onder „Donderdag” nie ten spyte van haar kwaai gesigstrekke. „Dink daaraan,” […]
donderdag: BOSES
Meestens dink ons dat die mense uit vorige eeue slegs goeies en mooies gesê het, om ons modernes te help. Soms was daar sekerlik ook maar ‘n paar skerp gedagtes wat hulle uitgespreek het. . Hy wat Boses praat, het vermaak daaraan; hy wat Boses doen, het sukses daarvan. . [Meng Tse, konfusiaanse filosoof (ong. […]
Moedersmart
…Waarom brokkel die lig voor haar oë verby en wat is dit wat oor haar bleek wange gly? Wat is dit wat haar wêreld in skerwe versplint En vanwaar dan die waas wat haar oë verblind? Haar drome word gisters; ja nog verder verby toe sy blosendverlief as ’n vrou kon gedy. Sy belewe intens […]