Jongste aktiwiteit:

Witboek [Verborge]

Werwelstorm op die uitgestrekte horison
het gewaai en verwoesting gebring
Die gange van verlange is gelaat in pyn
stof dampe gelaat – vernietigde tuin

Sê vir my – dat ek altyd in jou gedagte sal bly
al gaan dit soms swaar, niks kan dit verander
oral waar ek gaan sien ek jou spook – jou Naam
in my Witboek in witskrif geskryf.

Liefde digitaal gebore en al wat voort-leef is jou spore
van korte duur ons vreugdevolle oomblikke,
is nou deel van my skatkis – meer waardig
met jou foto’s uit gelê

Sonder twyfel, tussen beide pyn en smart
is daar n plekkie waar ek my veilig vind
warrel wind en reen kan my nie skeel
hier in die binne kamer van my hart

Lê die liefde agter slot en grendel – My Sipier
in die Witboek van my hart
staan jou naam in witskrif,
verborge. Net ek kan jou vind…

©Marieta Calitz[LadySoul]




4 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed