
Die asem van my stem
Waar die horison
verstikkend, gemarteld kreet
met die rooi van engels;
my hoor wil strem
breek baldadig ‘n kwashaal
van die goudgeelson deur;
en vertoon in die kern van my irisse
‘n volmaakte sewe-kleurboog
Deur skaapdorings
sal ek stap deur berg en dal
tot daar waar son gaan rus
en maanligstrale val
in my taal vleg ek varingblaar
tot genadekroon
reeds met moedersmelk ingedrink
tot my drome spel
A
F
R
I
K
A
A
N
S
en my dink val deur
diftong sag in
lettergreep vir
die liefde vir my taal
Soos blink gevryfde appels
in die boord wil ek my taal koester
want hierdie is my sielstaal, lyftaal,
dinktaal en voeltaal,
die pols van my wees
en ook die asem
van mý stem
© Anzé Bezuidenhout
3 Kommentare
-
-
neels
anze n meestersuk wat beslis tien goue sterr verdien
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Arnold
Goed verwoord.