Jy prikkel my sintuie
ek proe jou naam in die wasem van purperwinde wat soos engelvlerke oor duinesand vloed in die soet reuk van wilde jasmyn en blou vergeet-my-nietjies maak ek gerwe doudrup-onthou met kringe van ‘n fluweel son vas ‘n kyk gevul met heide-drome wat laatmiddag deur oker-wolke huppel om so die horisonbeker in my irisse oorvol te […]
SA stories SKRYWERS kompetisie – (Storieplan) Sluitingsdatum 30 April 2017
‘n groot uitdaging vir ons skrywers. Beplan jou storie, vul die Storieplan in en skryf dan jou storie van nie meer as 1,500 woorde nie. Plaas jou storie op www.ink.org.za en stuur dan ‘n e-pos met al jou besonderhede en jou ingevulde plan deur na skryfafrikaans@ink.org.za (Jy kan die vorm oortrek na ‘n word.doc en […]
Ek wil deur jou storm breek
ek wil my woorde soos ‘n vlamrooi klimop teen jou latwerk laat rank jou siel met Picasso-woorde op die sagte moeseliendoeke van jou oog se kyk verf deur die vloed van jou drif wil ek oor branders loop en D A N deur jou storm breek waar ek in jou wese (asemloos en stil) anker […]
Jy ‘s my Papawer-son
waar my beeld ‘n tango dans in die loom dagbreek van jou oë wil ek wit aronskelke kweek sodat ek die eggo van jou stem tussen die ragfyn blare in wit kan raam, sodat jou asem my telkens weer soos ‘n somersbries kan omhels as my naam deur die branders van jou warm lippe breek […]
Balsem My
Balsem my met jou soet soene en stoute hande, Balsem my met jou sagte woorde van asemhaling, Balsem my met jou bybel en Jesus se verhaal, Balsem my tot ‘n god my kom haal. Rein my met jou woorde van rekenskap, Jou bedroefde trane en omhelsing, Jou akute siels vertroosting, Balsem my tot ‘n god […]
Twyfel In Jou Liefde, Twyfel In Jou
Sy het saggies en aandagtig gesit en luister Na die klank van twyfel in jou liefde, Die glinster van vrees hoogs opmerkbaar in jou oё Doodse Stilte verbreek met onbeheersende snikke van beseffing; Die kern van my hartseer Lệ diep ge anker in Jou.
Kelder Van My Hart
Aangedrewe tot als, aangetrokke tot almal, Opgesluit tussen mure van vlees, Toegesluit in kastele van idees, Ver versteek tussen berg en dal. Die weermag van my gedagtes patroleer onophoudend die strate deur, Angstig opsoek na die geslepe vyand van rekening en realiteit, Die patriarg sal stilletjies vir hom wag. Die gruwelike draak is grusaam verslaan […]
My Waansin en Wederkoms
Deur absolute waansin sien ek my toekoms, Die wederkoms, Die brekende golwe van gevolge Na die storm van stilte in my hart, Die kern ontspring in jou smart. Winde van verlange span die seile, Ervare na al die jaar se beproefde myle, Omgetuimel en vasgekeer in die oog van die storm, Rotse uit die waansin […]
Verstaan-verstaan
Liewe blou maan wat silwer en grys skyn in die aand sal jy verstaan? Waar die sagte geruis van sandstorms waai oor die goue woestyn sal jy my wys? Brand die blink bronsson uit die blou jy is die een wat ek sal hou of sal jy my net laat gaan?
OP VRYE VOET
Olifant in die vertrek kolossaal is die probleem flenter stukke waar jy getrap het die pad van verwoesting agter jou en deur ons harte oor ons lewens die spore geëts leier van die trop afgedwaal en losgebreek het jy van jou pligte vergeet die kalfies by die koei gelos en voort gefoeter die duisternis in […]