Die gesoebat vir ‘n pan
Die meeste van ons het al die advertensie gesien waar ’n sekere winkel ’n spesifieke pan adverteer. Dit is ’n ongelooflike pan wat die pannekoeke so lig soos veertjies laat omdraai. ’n Pan wat jy sommer met kombuispapier kan uitvee en weer gebruik. ’n Pan wat ’n nuwe lagie Teflon by die fabriek kry wanneer […]
Rookvaal skemer
fluister dit … soos die sagte woorde … van ‘n herfsgedig En wanneer dit rookvaal skemer raak sal bloeisels bot en liefde ontwaak …
KATEGORIE — Oor WOORDE (volk/nasie, mens/persoon)
KATEGORIE: Oor WOORDe Ek was altyd streng in my kritiek oor hoe dié taal, wat ek liefgekry en aangeneem het, gepraat en geskryf word. Meer as my halwe lewe het ek nou in Duitsland verbring, en ek het beleef hoe ‘n ou kultuurtaal met krag en tradisie deur die voorheersende Amerikaans geteister word. En hoe, […]
Loflied
skoongewas deur U bloed gee U my ‘n spierwit kleed maak alles wat sleg is goed soos ‘n goeie herder sy skape lei bring U my na die fontein van die lewe daar is ek vir ewig vry U beskerm my teen gevaar die son sal my nie brand nie in my donkerste nag is […]
Herfstyd
tyd vir afstroping diep kyk en besin tyd om Hom te loof vir ‘n leeftyd van genade gekaarte hande gehef na bo tydelikheid gemeet teen ewigheid van ‘n ondergaande son padwysers van malse lentes ryke somers in volle blom nou vir altyd verby… hande – wat soveel kon hou – soveel verloor het… elke rimpel […]
ODE VIR MOEDERLIEF
ODE VIR MOEDERLIEF Hoe beny ek u my liefste moeder: Vaardighede wyshede en vele meer Vir die kinders en kleinkinders te leer Beter toegerus as enige opvoeder Lagplooie en liefde so sag en so teer Leer ek van haar daagliks meer en meer Hoor ek haar gebed as geestelike hoeder staan sy kop en skouers […]
AS DIE SKOOT KLAP
AS DIE SKOOT KLAP skielik sluk die donkernag die son in diep donker vrees soos brulsand pak sy hart hou jou snawelbek stil, nagtegaal! sy ore suis ñ eie deuntjie na ñ trefskoot se sweepklap adrenalien pleit onskuldig teen hoë spoed ñ doodsroggel en ñ laaste blêr terwyl die doodsengel geduldig wag om sy laaste […]
DEURNAGDANS
DEURNAGDANS IN DIE WOUD Die dennewoud se feëkoningin Stuur Kabouters met ñ uitnodiging: feëtjies en kabouters van heinde en ver In bling geklee en ñ septerster Vlerkies vibreer in ritme-ekstase Voetjies moeg en seer met blase Kabouters te bly om hulp te verleen Swiep-swiep-swaaiend steun-en-been Vuurvliegies help om die nag te verlig Dansparty onder sampioene […]
Suikerbos ek wil jou hӗ
Kyk hoe eensaam staan die suikerbos teen die berg se suidekant hy is maar te dankbaar om die son se strale te sien Wanneer die maan onder die nag se wolkombers uitrol kronkel-kronkel die rivier sy eensame gang Soos die vloei van wyn ritmies vedwyn sag-sag kwyn
Onherroeplik
Ek besef -treurig- nou eers, ek het jou lankal reeds verstoot. Ek skeur jou stuk-stuk van my los en bou die legkaart op my skoot.