Denke
Maanligaand treffend beskaamd denke terug aan jou eens in die baai iewers langs die kaai tussen wolke dans breek branders in skadu van gedagtes waar die lighuis ‘n stille refrein die mooiste klank ons liefde bedank breek trane groot eens jou liefde onverwags weg skeur rou branders kolkende gedagtes padlangs verby stukkende ligdraer verskeurende hart […]
Vat My Terug
Vat my terug na die begin die absolute begin van ‘n siel -my siel nog nie eens deur liefde oorwin Vat my terug na die oorsprong ongehinderd en sonder rede en twyfel in my veldbrand wat als verwoes en oorvat elke saadjie kante toe laat spat Vat my terug na die dae van die ark […]
Kindjie Vol Vrees
Almal luister en vier die klappers wat klap en ek sit hier agter slot en grendel wat ek verduur Die kinders hou partytjie met koek en wyn tog lê ek hier in my eie pyn sonder ‘n nar ‘n mooi kar en eggenoot om die stukkies van my hart op te skraap, stukkies hout en […]
Drink op gister
As die stille donkerte van die nag, se arms jou omvou soos in n omhelsing, die helder sterre al is wat die donker veld verlig, ‘n Jakkals se veraf roep en… antwoord, al is wat jou geselskap hou, die stuifrook van ‘n stadig brandende hardekoolstomp jou oё laat traan… dan weet jy, Jy… alleen … […]
Jy is daar – My liefdesvers
‘n Kort vers vroeg vanoggend, net om te sê hoe mooi elke dag eintlik is, met net die stille wete, jy is daar (altyd daar). Nie hier by my nie, maar net daar …. Dalk ‘n glimlag deur my onbespeurd, ‘n stil gedagte (wie sal weet?), ‘n oproep vêr as jy sou wou… Maar meesal […]
Die Virtuele bestaan
Laasnag het ek en jy gaan wandel , op ‘n virtuele strand … onder ‘n helder sterre hemel, met sagte fosfor lyne op die brekende branders… en dit was die enigste natuurlike lig. Hand aan hand met jou kop teen my skouer, en nie veel gese, net gekyk… en gekyk na mekaar… en die see, […]
VLERKLOSE ENGEL
o, engel jy met gebroke vlerke wat in die stiltes standbeeld in eens gewese paradysgalery; meesterstuk van soorte is jy in die skadu’s van jou – selfgestruktureerde – lugversorgde donkergraf perfekte klanke van n u t t e l o o s h e i d weergalm deur jou ywerbid langs ‘n vergulde altaar daar […]
MY VRIENDIN SE KOEK
Ons was laat vir ‘n vriendin se verjaardagpartytjie en ek moes ‘n koek saamneem. Wanneer ek bak, word dit b(e)rou. Daar was anyway nie genoeg tyd om ‘n koek te bak nie. Ons het sommer by die naaste Spar gedraai om ‘n koek te koop. Die gespook en spartel vir tyd het my senuwees op […]
WINTER
WINTER Winter het in my hart kom le droe gras sade kaal bome blare groen geel en orange ver bleik le hulle op die grond gestroop deur die koue van hulle veilige hawe om plek te maak vir nuwes winter het jou hart kom stroop van warmte wat met tyd sal jy dit weer vind […]