Kerende seisoen
skarlankenrooi bloeiselbreek my lag deur die klanke van ‘n nuwe skeppingsdag verby die natwimper worstelings van gisterdae wat wou dolosgooi in my hart benede Hemelse vaandels reënboog ‘n wedergeboorte onder hisopstingels wat edik verruil vir wyn dan bars ‘n drie uur duisternis oop in die soel songroet van jou vat terwyl jou mond warm in […]
Woordspatsels: Die blonde vrou
Ek plak koorsagtig my skarlakenrooi glimlag aan my mond. Só staan ek verleidelik gegiet in blink hakskoene – gereed. Gereed om verhewe tussen drank en rook te vermaak en voorgee-vryheid te verkoop. My lag weergalm vanuit leë holtes en dit klink soos sente wat klingel in ‘n kerk. “spieëltjie-spieëltjie aan die wand, van wanneer af […]
Winterstuin
Word ek in jou groen luister-bank geplant, wyl jou freud-vingers vroetel aan my kinderwortels. Ontwortel jy sorgvuldig en analities die onkruid en snoei jy my gedagtes tot naak. Staan ek al een; reg om te groei. Met rype refleksie in die poel van my onderbewussyn is my voorgee-vergeet-woorde besig om te verkluim binne-in my winterstuin.
NOODLOTSVLUG OOR DIE AMASONE HFSTK 16
HOOFSTUK 16 Dit is Raba se fyn gehoor wat die geluid van die Cessna se enjins op die eerste dag al opgetel het waar hulle langs die rivier besig was om n skuit voor te berei vir die reis Manaus toe. Toe hy die geluid hoor staan hy doodstil en toe Andrie vraend na hom […]
DIE VYF MILJOEN RAND MOORD HFSTK 4
HOOFSTUK 4 Kas besluit om n besoek aan Stefan Botes te bring en aangesien dit sterk te betwyfel is of die man op kantoor sal wees soek hy hom by sy luukse woning op. By die hek is n hekwag en moet hy die rede vir sy besoek aankondig en ook sy identifikasiekaart toon. Die […]
Woordspatsels: Bessie
In haar dae as Boete-Bessie kon sy ‘n stroom karre met ‘n enkele hand stop. Nou’s dit hulle wat haar hand bloot vol pille stop… Die kop is weer vol van jare se onthou. So trippel sy met haar platskoene na oom Thysie se kamer, want hy vat haar na die Lentedans. Hy het darem […]
Woordspatsels: Oom Moos
Oom Moos sit asvaal langs sy kombuistafel, op die enigste hout gestoelte. Hy sluk-sluk bitter aan sy koffie, wyl vervloe skadu’s nader kruip. Sy eelterige hande wriemel en hy is steeds teenstribbelrig om tussen die lyne te lees. Hy kon nooit die toekoms daarin voorspel nie en was hy in sy eie wese verstrengel tussen […]
Ek wou nog sê
EK WOU NOG Sê: My woorde het verdamp en my mond was droog daarom kon ek nie se hoe my hart oor jou voel en hoe diep jy in my lê Moeisaam het ek probeer formuleer hoe en wat jy vir my is en beteken maar my tong was lam en onbekend Ek wou nog […]
John se storie
John se ma het hulle verlaat toe hy ‘n ses maande oue baba was. As gevolg daarvan is hy sosiaal wan aangepas en gaan hy deur ‘m moeilike tyd om verwerping te verwerk
Te Besig?
Vlugtig is die tyd van die wesens, tydloos die prys vir hulle lewens; klein is die wêreld en kort die besoek, groot is die heelal en lank die gesoek. Souterige soene, waardige woorde, te laat om te eer met valse woorde; gister het gegaan, vandag het gekom, more sal hulle weer bymekaar uitkom. Tot die […]