Woordspatsels: Die blonde vrou
Ek plak koorsagtig my skarlakenrooi glimlag aan my mond. Só staan ek verleidelik gegiet in blink hakskoene – gereed.
Gereed om verhewe tussen drank en rook te vermaak en voorgee-vryheid te verkoop. My lag weergalm vanuit leë holtes
en dit klink soos sente wat klingel in ‘n kerk.
“spieëltjie-spieëltjie aan die wand,
van wanneer af kon
die mens sy siel verpand”
En sonder om te blik of bloos, knipoog ek vir die vreemdeling in die spieël. Want hul sȇ; my nooi is in ‘n naartjie, my ouma in kaneel.
Maar hierdie blonde vrou is totaal en al ‘n ander geur…
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Okatopi
Baie mooi